Laurik International
Hierdie is ons gasteboek.
Ons vra u om asseblief vir toekomstige besoekers boodskappe en opmerkings te laat oor u ervarings in Argentinië en ons dienste.
Let asseblief dat alle inligting vrywillig gebied word en die eksklusiewe verantwoordelikheid van die persone is wat kies om aan hierdie forum deel te neem.
Baie dankie.
Woensdag, 12 Maart 2008.
Terug thuis hebben we via de foto's kunnen nagenieten van onze prachtige reis in Zuid-Amerika.
Laurik heeft deze fantastische reis perfect georganiseerd.
Nogmaals bedankt.
Mariska en Joris.
Maandag, 25 Februarie 2008.
Hendrik het uit sy pad gegaan om alles vir ons maklik en aangenaam in Argentinie te maak.
Sy kennis van die land, die situasie, geleenthede en politieke intriges maak 'n geselsie met hom 'n absolute moet.
Hy het ons gehelp met die aankoop van ski toerusting, hoewel ek sal voorstel dat dit sommer by die ski - oorde gekoop word! Hendrik het selfs vir ons geld gaan terugeis toe 'n leerwinkel ons per ongeluk te veel laat betaal het.
Sterk aanbeveling
Thursday, January 31st, 2008
Dankie Hendrik vir die uitstaande reelings met ons verblyf in Argentinia. Die luukse oornag bus tussen Bariloche en BA kan ons hoog aanbeveel. Jou persoonlike aandag het dit vir ons so maklik gemaak.
Thank you Hendrik for the outstanding service. We will be back and again make use of your services. Can only highly recommend your services.
Sondag, 20 Januarie 2008
Dit is vir my aangenaam om te getuig dat Laurik Internasionaal die deur na Suid-Amerika vir my oopgemaak het. Hendrik en Laura het die vermoë om 'n mens dadelik te laat tuisvoel in 'n vreemde land en kontinent. Niks het verkeerd geloop gedurende ons redelik omvattende toer in Julie 2007 nie. Die lekkerste van alles is natuurlik die feit dat ons in Afrikaans kon gesels!
It is my pleasure to share the experience I had with the people of Laurik International with you all. Their friendly and caring way of looking after travellers during their stay in South America made all the difference. In fact, I am taking another group of travellers to Argentina and Brazil this coming winter and I know that they will not only provide us with the best service, but also with the best prices. Let Laurik International introduce you to the exciting and wonderful continent of South America.
Sondag, 20 Januarie 2008
Ons het op kort kennisgewing ons planne vir die beperkte periode tussen 'n Woensdag en Sondag, April 07 verander om Iguazu en Itaipu in te sluit.Ons het nog nooit van 'n toeragentskap gebruik gemaak nie, maar as die standaard gelykstaande aan dié van Laurik sou wees, kan dit slegs 'n plesier wees.
Al die reëlings was perfek - vanaf die lughawe-ontmoeting van Corrie , vervoer na die hotel, vlug- en toerreëlings, Tango vertoning, La Boca toer en La Plata bootvaart ens. was van hoogstaande standaard.
Nogmaals dankie Hendrik en Laura.
Volgende keer wil ons meer sien wat jul land kan bied en daar is so baie.
Hugo Kotze - Verw. 092 378 1521
Vrydag, 18 Januarie 2008
Hendrik en Laura,
Is nog steeds op 'n "high" na die wonderlike toer waarvoor ons almal vir julle baie, baie dankie wil sê . Dit was regtig iets besonders - het elke oomblik geniet.
Soos reeds gesê voel ons almal ons het waarde vir ons geld gekry. Die reëlings was puik en ons sal moeite doen om mense wat in Suid - Amerika wil gaan toer na julle te verwys.
Baie dankie.
Elma Booysen en groep.
Maandag, 23 Julie 2007
Met hierdie boodskap wil ons julle nog spesiaal dank sê vir die pragtig groepstoer wat julle vir ons gereêl het in Argentinië en Chili in Januarie: die hotels, die timing, die afwisseling van aktiwiteite en rusdae, die uitstappies wat julle uitgesoek het: dit was heeltemal perfekt !!!
Ons het dit ook baie waardeer dat julle aands by al die hotels waar ons angekom het, nog geskakel het om seker te wees
dat alles reg was.Dit was wonderlik goed!
Ons het almal die reis baie geniet!
Baie sukses vir Laurik International, en baie geluk vir julle gesin!
Vriendelike groete
Josee en Luc Proot en vriende uit Belgiê
Dinsdag, 5 Junie 2007
Ons het gebruik gemaak van Laurik se dienste tydens 'n besoek aan Arg.
Kan nie sterk genoeg aanbeveel nie. Besprekings, lughawe ontmoeting, reisreelings, betalings, akkommodasie, asook kontrak vertaling was 100% hanteer.(oppas vir taalkwessies as jy beoog om in Arg. besigheid te doen)
Baie professioneel hanteer.
Verwysings
S Weyers
082 8000 220 RSA
| Siguiente >> | Último |> |
Seksie 1 tot 10 as 11
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982
Druk



